Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

Afrikaans sal ek altyd blijf, groete uit Holland aan die fiere Boere-nasie
 
'''Charlize Theron''' (gebore op [[7 Augustus]] [[1975]]) is 'n [[Suid-Afrika]]anse aktrise en Golden Globe/Oscar-wenner. Sy het grootgeword op 'n hoewe naby [[Benoni]], waar sy die Laerskool Putfontein van 1982 tot 1988 bygewoon het. Aan die Hoërskool Die Kruin vir Kuns, Musiek, Ballet en Drama in Parktown, Johannesburg, waar sy van 1989 tot 1993 onder meer ballet geneem het, was sy volgens haar oud-balletonderwyseres baie gewild onder die meisies.
Haar ma, Gerda (oorspronklik van [[Duitsland|Duitse]] afkoms), het in 1991 haar pa, Charles (oorspronklik van [[Frankryk|Franse]] en [[Nederlands|Nederlandse]] afkoms), met sy eie wapen doodgeskiet uit selfverdediging nadat dronkenskap en huishoudelike geweld 'n breekpunt in hul huis bereik het. (Charlize was toe 15 jaar oud.) Gerda is nie aangekla weens sy dood nie. Die jong Charlize is Amerika toe om naam in Hollywood te maak en is uiteindelik deur 'n talentsoeker raakgesien. Haar eerste rol op die internasionale silwerdoek was in 1995 in ''Children of the Corn III''.
 
Daarna het rolle gevolg in lokettreffers soos ''[[The Italian Job]]'' (2004) en ''[[The Life and Death of Peter Sellers]]'' (2004), ''[[Waking up in Reno]]'', ''[[Trapped]]'' en ''[[Reindeer Games]]'' (2000), ''[[The Cider House Rules]]'' en ''[[The Astronaut's Wife]]'' (1999), ''[[Mighty Joe Young]]'' (1998) en ''[[The Devil's Advocate]]'' (1997). Haar lys van rolprente sluit verder in ''[[Two Days in the Valley]]'' en ''[[That Thing You Do]]'' (1996), ''[[Trial and Error]]'' (1997), ''[[Celebrity]]'' (1998), ''[[The Yards]]'', ''[[Men of Honor]]'' en ''[[The Legend of Bagger Vance]]'' (2000), ''[[15 Minutes]]'', ''[[Sweet November]]'' en ''[[When I was a Girl]]'' (2001). Sy het ook in 1997 in die TV-treffer ''[[Hollywood Confidential]]'' opgetree.
Anonieme gebruiker