Sanskrit: Verskil tussen weergawes

2 grepe bygevoeg ,  10 jaar gelede
k
Rol weergawe 970698 deur Pearz25 (bespreek) terug. Rede?
No edit summary
k (Rol weergawe 970698 deur Pearz25 (bespreek) terug. Rede?)
[[Lêer:Sanskrit.png|thumb|left|Die woord Sanskrit in die Devanagari-alfabet]]
 
'''Sanskrit''' ([[Devanagari]]: संस्कृत, saṃskṛta), ook '''Oud-Indies''' genoem, is een van die [[Indo-Ariese]]Europese tale]] en behoort tot die [[Aries]]e of [[Indo-Iraans]]e taalgroep. Dit was die klassieke taal van die [[Indo-Aries]]e bewoners van die Voor-Indiese [[skiereiland]] en [[Pakistan]]. Sanskrit is van vóór 1200 v.C. tot vandag gebruik as literêre taal, maar is sedert 500 v.C. nie meer die gesproke taal van die massa nie. Sanskrit is een van die [[Lys van nasionale tale van Indië|amptelike tale]] van [[Indië]] naas [[Engels]] en [[Hindi]] en van die [[Federale staatsvorm van Indië|Indiese deelstaat]] [[Uttarakhand]].
 
Die grammatika van Sanskrit is uitvoerig beskryf deur die grammatikus Panini (hy het omtrent die 7de of die 3de eeu voor Christus geleef), wie se werk uiteindelik 'n sterk ''voor''skrywende funksie gekry het, na mate die volkstaal geleidelik van die geleerde Sanskrit wegbeweeg het.