Verskil tussen weergawes van "Jacob Zuma"

Geen grootteverandering nie ,  8 jaar gelede
Zuma het ook sy eerste vrou, met wie hy steeds getroud is, Gertrude Sizakele Khumalo, in 1959 ontmoet. Hy het geen kinders by sy eerste vrou wat as "MaKhumalo" of "MaShobane" bekend staan en by Zuma se huis in Nklanda woon. Zuma het later nog twee vroue gevat terwyl hy in ballingskap in buurlande van Suid-Afrika was. Sy tweede vrou was Me. Kate Mantsho, ’n lugwaardin van die Mosambiekse lugdiens saam met wie hy vier kinders gehad het. Mantsho het in 2000 selfmoord gepleeg ná ’n huwelik van 24 jaar. In die 1980’s het hy sy volgende vrou, Me. Nkosazana Dlamini, tans Minister van Buitelandse Sake, in Swaziland ontmoet terwyl sy by die [[Mbabane]]-staatshospitaal gewerk het. Hulle het vier kinders saam gehad en is in 1998 geskei. <ref>[http://www.news24.com/ News24], [http://www.news24.com/Beeld/In-Diepte/0,,3-67_1934246,00.html Zuma-herinneringe], Besoek op 19 Desember 2007</ref>
 
In 2002 is Zuma weer getroud met Mantuli Zuma saam met wie hy reeds twee kinder het. JySy jongste vrou, die vyfde, is Thobeka Stacy Mabhija, vir wie hy onlangs lobolo betaal het en by wie hy reeds twee kinders het. Verder het Zuma 'n kind by Minah Shongwe, suster van Regter Jeremiah Shongwe, wat hom van Zuma se verkragtingsaak onttrek het.<ref>[http://www.timesonline.co.uk/ TIMESONLINE], [http://www.timesonline.co.uk/tol/news/world/africa/article3070220.ece Profile: Zuma charmed wives and a nation], Besoek 19 Desember</ref>
 
== Deelname aan die Stryd teen Apartheid ==
8 945

wysigings