Verskil tussen weergawes van "Ray Bradbury"

728 grepe bygevoeg ,  8 jaar gelede
k
 
{{cquote|''Biblioteke het my grootgemaak. Ek glo nie aan kolleges en universiteite nie. Ek glo aan biblioteke omdat die meeste studente nie oor geld beskik nie. Ek het my hoërskool gedurende die Groot Depressie voltooi, en ons het nie oor enige fondse beskik nie. Ek kon geen opleiding by 'n kollege bekostig nie en het derhalwe tien jaar lank drie dae per week biblioteke besoek.''}}
 
Dit was dan ook in die Universiteit van Kalifornië te Los Angeles se Powell-biblioteek, wat in 'n studiekamer tikmasjiene verhuur het, waar Bradbury sy klassieke verhaal ''The Fireman'' geskryf het - die visie van 'n toekomstige samelewing waar brandweermanne 'n nuwe taak het: om boeke te verbrand. Die verhaal was oorspronklik 25&nbsp;000 woorde lank en het teen koste van $9,80 ontstaan (die biblioteek se huurgeld vir tikmasjiene was tien sent per halfuur). Die werk is later tot 'n roman van sowat 50&nbsp;000 woorde uitgebrei.<ref>http://www.spotlight.ucla.edu/ray-bradbury/ ''A Bruin Birthday Tribute To Ray Bradbury Tweet - First Spark: Ray Bradbury Turns 90; the Universe and UCLA Celebrate'', 22 Augustus 2010</ref>
 
Bradbury het die gewoonte om elke dag iets te skryf aan twee belewenisse in sy kinderjare toegeskryf. So het sy moeder hom in die ouderdom van drie na 'n vertoning van Lon Chaney se rolprent ''The Hunchback of Notre Dame'' van 1923 geneem.<ref>Robert J. Paradowski: ''Ray Bradbury. Critical Survey of Short Fiction''. Tweede hersiene uitgawe (2001). In: ''UFO'', 10 November 2010</ref> Die tweede insident, wat deur die skrywer later beskryf is, het in 1932 plaasgevind toe 'n karnaval-vermaker, ene Mr. Electrico, hom genader en sy neus met 'n geëlektrifiseerde swaard aangeraak het wat sy hare laat rys het. Die kunstenaar het toe uitgeroep: "Jy sal vir ewig lewe!"