Bywoord: Verskil tussen weergawes

106 grepe bygevoeg ,  10 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
No edit summary
No edit summary
'n '''Bywoord''' of '''adverbium''' is 'n beskrywende [[woord]] wat 'n [[werkwoord]], hele sin, [[byvoeglike naamwoord]], [[telwoord]] of ander bywoord nader bepaal. Dit verskaf meer inligting oor plek, tyd, wyse of graaggraad. Voorbeelde van bywoorde is: ''hier'', ''nou'', ''opsetlik'', en ''daarom''.
 
As 'n sin meer as een bywoord beval, is die volgorde altyd: tyd, wyse en dan plek,
 
==Bywoorde van plek==
Toets met die vraag "waar?". Voorbeelde:
 
* Dit reën ''<u>orals</u>''.
* Sy loop ''<u>buite</u>''.
* Sy het ''<u>daarheen</u>'' gestap.
 
== Bywoorde van tyd==
Toets met die vraag "wanneer?". Voorbeelde:
 
* Hy sal ''<u>netnou</u>'' uitkom.
* Ek lees ''<u>soms</u>'' 'n boek.
* Hulle speel ''<u>middae</u>'' saam.
* ''<u>Gister</u>'' was Frank siek.
 
==Bywoorde van manier/wyse==
Toets met die vraag "hoe?". Voorbeelde:
 
* Hy werk ''<u>sing-sing</u>''.
* Hy spring ''<u>hoog</u>''.
* Die man het ''<u>hard</u>'' gelag.
* Sy praat ''<u>al te heerlik</u>'' oor die foon.
* Sy is ''<u>baie</u>'' oulik.
 
==Bywoorde van graad==
Toets met die vraag "hoeveel?". Voorbeelde:
 
* Hy stap ''<u>uiters</u>'' stadig.
* Hy het ''<u>byna</u>'' tien albasters.
 
{{wikt|bywoord}}
Anonieme gebruiker