Canary Wharf: Verskil tussen weergawes

4 grepe bygevoeg ,  10 jaar gelede
k
+ skakel
k (+ skakel)
k (+ skakel)
 
</div>
'''Canary Wharf''' is 'n beduidende sakedistrik in Poplar, [[Londen]], [[Verenigde Koninkryk]]. Dit is een van Londen se twee finansiële hoofsentrums - naas die historiese middestad of ''City of London'' - en huisves baie van die hoogste geboue in die Verenigde Koninkryk, waaronder die tweede hoogste [[wolkekrabber]], ''[[One Canada Square]]''.
 
Veral sake- en kantoorpersele het hier ontstaan sodat Canary Wharf met 1&nbsp;300&nbsp;000 m² se kantoor- en winkelruimte in die vraag na gehalte-sakeruimte in Londen voorsien. 730&nbsp;000 m² hiervan is in besit van die ''Canary Wharf Group''. Canary Wharf bied sowat 90&nbsp;000 werkgeleenthede en huisves die internasionale of [[Europa|Europese]] hoofkwartiere van 'n groot aantal banke, professionele dienste-ondernemings en media-organisasies, waaronder ''Barclays'', ''Citigroup'', ''Crédit Suisse'', ''HSBC'', ''J.P. Morgan'', ''KPMG'', ''MetLife'', ''Morgan Stanley'' en ''Thomson Reuters''.