Reënmeter: Verskil tussen weergawes

416 grepe bygevoeg ,  10 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
(Nuwe blad: thumb|300px|Reënmeters 'n '''Reënmeter''' is 'n instrument wat deur meteoroloë en hidroloë gebruik word om [[neersl...)
 
No edit summary
Eenvoudige reënmeters word gewoonlik van glas of 'n deursigtige plastiek gemaak. Die reënmeter bestaan uit 'n bottel of fles waarin die neerslag opgevang word. Sommige reënmeter is gekalibreer (in millimeters uitgemeet) sodat die hoeveelheid neerslag direk afgelees kan word. Die deursnee van die opening aan die bokant moet representatief wees vir die aantal gevalle millimeter neerslag.
 
In 'n professionele opstelling behoort die reënmeter vrystaande te wees sodat dit nie onder of naby hoë voorwerpe soos geboue en bome staan nie. Die bokant van die tregter moet ongeveer 40 cm bo die grondvlak wees. Die hoeveelheid neerslag moet minstens eenmaal per dag gemeet word om verdamping sover moontlik teen te werk.
 
As die neerslag nie reën is nie, soos byvoorbeeld ys of sneeu, word 'n ingeboude verwarmer gebruik om die neerslag te smelt. Nadat dit gesneeu het kan die hoogte van die sneeu ook gebruik word om die aantal millimeters te bepaal. Een sentimeter sneeu is ongeveer gelyk aan een millimeter gesmelte water.
 
{{Saadjie}}
Anonieme gebruiker