Verskil tussen weergawes van "Byeboerdery"

3 grepe bygevoeg ,  8 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
k (r2.7.3) (robot Bygevoeg: vi:Nuôi ong)
== Tradisionele en moderne byeboerdery ==
=== Vaste raam-korwe ===
[[Lêer:Lithuania Stripeikiai Honeymaking Museum.jpg|thumb|leftlinks|Houtkorwe in [[Stripeikiai]] in Litaue]]
Daar is aansienlike streeksvariëteite van korftipes waarin bye aangehou word. 'n Korf is 'n stel reghoekige houtkiste gevul met verwyderbare houtrame. Hierdie rame kan elk 'n vel wasfondasie hou óf, in die geval van 'n fondasielose raam, net 'n aansporingspunt. Die bye bou dan selle om volledige heuningkoeke te skep. Fondasies kom in verskillende selgrotes: klein-/natuurlike sel - boots die grote van die sel soos in die natuur gevind na; werkerfondasie - wat die bye in staat stel om klein, seskantige werkerselle te bou - en; "hommel"-fondasie wat bye in staat stel om veel groter selle te bou: "hommel"-selle, vir die produksie van hommelbye.
 
'n Makgemaakte bykolonie word gewoonlik in 'n reghoekige korfkis gehuisves, met tussen 10 en twaalf parallelle rame wat die vertikale koekplate hou en wat die eiers, larwes, papies en kos vir die kolonie bevat. As iemand 'n vertikale dwarsdeursnit maak deur die korf van kant tot kant, sal die broeines rofweg soos 'n ovale bal lyk en 5-8 koek rame beslaan. Die twee buitenste koeke aan elke kant van die korf is geneig om alleenlik gebruik te word vir die langtermyn storing van heuning en stuifmeel.
 
In die broeines middelste sal 'n enkele koek raam normaalweg 'n middelste skyf eiers, larwes en geseëlde broeiselle hê wat amper tot op die kant van die raam kan strek. OnmiddelikOnmiddellik bo die broei-area strek 'n boog [[stuifmeel]]-gevulde selle van kant tot kant, en bokant dit 'n nog wyer boog heuning-gevulde selle wat strek tot die raam bokant. Die stuifmeel is proteïen-ryke kos vir die ontwikkelende larwes, wyl heuning ook kos is, maar hoofsaaklik energie ryk eer proteïen ryk. Die jong werkerbye wat sorg vir die groeiende broeisel skei 'n spesiale kos genaamd "koninginjellie" af na hulle hulself gevoer het op heuning en stuifmeel. Die hoeveelheid koninginjellie wat 'n papie gevoer word bepaal of dit 'n werker of koninginby gaan word.
 
Benewens die heuning in die broei-area gestoor, stoor bye ekstra heuning in die koeke bo die broeines. In moderne korwe plaas die byeboer aparte kiste, genaamd heuningkaste, bo die broeikas, waarin vlakker koeke stoorplek voorsien vir heuning. Dit stel die byeboer in staat om heuningkaste in die laat somer te verwyder en die ekstra heuning te oes sonder om die kolonie seer te maak of om die broeines te versteur. As al die heuning "gesteel" is, sonder om genoeg oor te hou vir die winter, moet die byeboer die bye voer met stroop. Dit verlaag die bye se weerstand en die kolonie sukkel om hul getalle weer op te bou in die lente. Die voer van stroop moet slegs plaasvind waar die oorlewing van die korwe bedreig word.
<small>Bronne:
*Serwië <ref>http://www.pcela.co.yu/pcelarstvoSrbiaE.htm</ref></small>
 
== Beelde van heuningoes ==
<gallery>
ImageLêer:Protection.jpg|'n Byeboer verwyder rame van 'n korf
ImageLêer:Langstroth Frames.jpg|'n Raam
ImageLêer:Smoker.jpg|Rook van korf
ImageLêer:Bee_blower_9124.JPG|Gebruik 'n blaser om die bye van die koek af te blaas voor verwydering na die heuningkamer
ImageLêer:Opening-cells .jpg|Oopmaak van selle: ontseëling
ImageLêer:Fork-Beekeeping .jpg|'n Ontseëlingsvurk
ImageLêer:Discovered honey .jpg|Ontseëling van selle met die hand met gebruik van ontseëlingsmes
ImageLêer:Extractor Beekeeping.jpg|Uitspin van heuning
ImageLêer:Filtering of honey .jpg|Filtrering van heuning
ImageLêer:Honey-miel.jpg|Gooi in emmers (na veroudering)
</gallery>
 
Anonieme gebruiker