Verskil tussen weergawes van "Abraham Kuyper"

3 676 grepe bygevoeg ,  9 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
No edit summary
 
In 1862 is hy bevorder tot doktor in teologie op die basis van ’n verhandeling genaamd ''Disquisitio historico-theologica, exhibens Johannis Calvini et Johannis à Lasco de Ecclesia Sententiarum inter se compositionem'' (Ondersoek na die teologies-historiese, met ’n aanduiding van Johannes Calvyn en Johannes a Lasco se Kerk van die Samestelling). In die vergelyking van die denkbeelde van Johannes a Lasco het Kuyper ’n duidelike simpatie vir die meer liberale A Lasco getoon. GEdurende sy studies was Kuyper ’n lid van die moderne neigings binne die Nederlandse Hervormde Kerk.
 
== Nalatenskap ==
Kuyper se politieke sienings en handelinge het die Nederlandse politiek beïnvloed. Kuyper het aan die wieg van die [[versuiling]], die sosiale uitdrukking van die antitese in die openbare lewe, gestaan. Sy voorspraak van gelykheid vir geloofsgebassrde organisasies en instellings het die basis geskep vir die alliansie tussen die Protestante en die Katolieke wat tot op hede die Nederlandse politiek domineer. Een van die huidige regerende partye in Nederland, die [[Christen-Demokratiese Appèl]] (CDA), is steeds sterk onder die invloed van Kouper se sieninge. Sy grootste teologiese handeling, die stigting van die Gereformeerde Kerke in Nederland, is in 2005 ongedaan gemaak met die stigting van die [[Protestantse Kerk in Nederland]] wat met die Nederlandse Hervormde Kerk, Gereformeerde Kerke in Nederland en die Evangelies-Lutherse Kerk in die Koninkryk van die Nederlande, verenig het.
 
In Noord-Amerika het Kuyper se politieke en teologiese sienings ’n noemenswaardige inpak gehad, veral in die Hervormde gemeenskap. Hy word beskou was die vader van die Nederlandse Neo-Calvinisme en het ’n beduidende invloed op die ideë van die filosoof [[Herman Dooyeweerd]] gehad. Andere wat deur Kuyper beïnvloed is, sluit in [[Francis Schaeffer]], [[Cornelius Van Til]], [[Alvin Plantinga]], [[Nicholas Wolterstorff]], [[Albert M. Wolters]], [[Chuck Colson]], [[James Skillen]], [[Stephen Perks]], [[R Tudur Jones]] en [[Bobi Jones]].
 
Instellings wat deur Kuyper beïnvloed is sluit in Cardus (voorheen Die Werknavorsingstigting), [[Calvin College]], Die Clapham-instituut, Dordt College, Instituut vir Christelike Studies, Redeemer Universiteitskollege, Koalisie vir Christelike Uitreik, Covenant College, Die Sentrum vir Openbare Justisie en die Washington Instituut vir Geloof, Roeping & Kultuur. In 2006 is die Hervormde Bybelkollede in [[Grand Rapids, Michigan|Grand Rapids]] [[Michigan]] hernoem ter ere van Abraham Kuyper en is nou Kuyper-kollege.
 
Benewens Kuyper se diepgaande invloed op Europese Christelik-Demokratiese politiek tot op hede, was sy politieke teologie ook belangrik in die geskiedenis van [[Suid-Afrika]]. Akademici het Kuyper se betrokkenheid met die politiek van Suid-Afrika en die leiers van die land nagevors. Sy nalatenskap in Suid-Afrika is bes moontlik selfs groter is binne Nederland. In Suid-Afrika het sy Christelik-Nasionale opvatting, gesentreer rondom die identifikasie van die Afrikaner Calvinistiese gemeenskap as die “kern van die nasie”, ’n saamtrekpunt vir die drie susterkerke gevormd gedurende die [[Tweede Vryheidsoorlog]]. As Christen-Nasionaliste was Kuyper se aanhangers in Suid-Afrika instrumentaal in die opbouw van Afrikanse kulturele, politieke en ekonomiese instellings om die Afrikaner weer op te nou na die afloop van die oorlog. Een kerninstelling was die [[Afrikaner Broederbond]], ’n anti-Britse organisasie wat se fondasie eksplisiet Christelik-Nasionaal was. Later het die [[Nasionale Party]] ook ontstaan.
 
Kuyper se nalatenskap sluit ’n kleindogter, [[Johtje Vos]], in wat bekend is daarvoor dat sy aan baie Jode skuiling gebied het teen die [[Nazis]], in haar huis in Nederland. Na die afloop van die [[Tweede Wêreldoorlog]] het sy na [[New York]] verhuis.<ref>{{en}} Hevesi, Dennis. [http://www.nytimes.com/2007/11/04/nyregion/04vos.htm "Johtje Vos, wat baie Jode in die oorlog gered het, sterf op 97,"] ''New York Times.'' 4 November 2007.</ref> Andersyds was Kuyper se seun, professor H.H. Kuyper ’n ondersteuner van die Afrikaners en sy kleinseun het by die Waffen SS aangesluit waar hy op die Russiese grens oorlede is.
 
== Bibliografie ==
* ''Antirevolutionaire Staatkunde'' (1916–1917)
* ''Vrouwen uit de Heilige schrift'' (1897)
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
 
{{DEFAULTSORT:Kuyper, Abraham}}
Anonieme gebruiker