Verskil tussen weergawes van "Slag van Majuba"

geen wysigingsopsomming nie
(Verwyder die woord "Item" wat twee keer voorgekom het)
Hierna het Colley nog 2000 troepe van [[Newcastle, KwaZoeloe-Natal|Newcastle]] laat kom en die plan bedink om die berg Majuba te beset, vanwaar hy kon neerkyk op die Boere se stellings by Laingsnek. Die Britte het die berg gedurende die nag van [[26 Februarie]] uitgeklim. Daar was 405 Britse soldate op die berg, insluitend 171 van die [[58ste Regiment]] en 141 van die [[92ste Regiment]] (die ''[[92nd Highlanders]]''). Teen dagbreek om 04:30 is soldate rondom die kruin van die berg uitgeplaas. Die ''[[Gordon Highlanders]]'' het die noordelike en noordwestelike kruin beset, asook [[Gordon se koppie]] (''[[Gordon's Knoll]]''), een van drie koppies bo-op Majuba.
 
Daardie Sondagoggend het die Boere onmiddelikonmiddellik nadat hulle die Britse soldate op die berg gesien het, planne beraam om dit te bestorm. Generaal Nicolaas Smit, die bevelvoerder, het vrywilligers gevra en drie afdelings is gevorm onder leiding van kommandant [[Joachim Ferreira]], assistent-veldkornet [[Fanus Roos]] en assistent-veldkornet [[Danie Malan]]. Generaal Smit het opdrag gegee dat die manne bo 50 agter die rotse van die eerste plato moes bly skuil en na elke Engelsman wat sy kop oor die boonste rand uitsteek, moes skiet. Dit het dit moontlik gemaak vir die res van die Boere om onder vuurdekking tot reg onder die kruin te kom, wat hulle net voor die middaguur, na 'n klim van ses uur, bereik het.
 
Intussen het Colley opdrag gegee dat die berg vir ten minste drie dae verdedig moes word en het hy en baie van die troepe wat dwarsdeur die nag die berg uitgeklim het, verlore slaap ingehaal.
[[BeeldLêer:Bergmajuba.JPG|right|thumb|250px|Die berg Majuba]]
 
Teen 12:45 het die Boere met hewige geweervuur op Gordon se koppie losgebars en dit verower. Gedurende die volgende uur, het die Boere oor die kruin gestroom en die Britte met akkurate skietwerk groot verliese toegedien. Daar was groot verwarring en die Britte het na die suidekant van die bergtop begin vlug. Generaal Colley is bokant sy regteroog raakgeskiet en is op die berg oorlede. Die res van die Britse mag het oor die agterste kruin gespring en is beseer, geskiet of gevange geneem.
Anonieme gebruiker