Verskil tussen weergawes van "Grondboontjie"

geen wysigingsopsomming nie
k (r2.7.2) (robot Bygevoeg: dsb:Zemski wórješk)
[[Lêer:Peanut 9417.jpg|thumb|links|250px|'n Grondboontjieplant met grondboontjies]]
 
Die '''grondboontjie''' (''Arachis hypogaea'') is 'n [[spesie]] in die ertjiefamilie [[Fabaceae]] inheems aan [[Suid-Amerika]]. Dit is 'n [[eenjarige]] [[kruidagtig]]e plant wat tot tussen 30 en 50cm hoog groei. Die [[blaar|blare]] is afwisselend gerangskik, veervormig met vier "blaartjies" <!-- ek het die standaardnaam vergeet, korrigeer asseblief--> (twee teenoorstaande pare; met geen eindblaartjie nie), en elke "blaartjie" is 1 tot 7 cm lank en 1 tot 3 cm breed. Die vorm van die [[blom]] van die plant is tipies aan ander plante in die ertjiefamilie, 2 tot 4 cm wyd, met geel en rooi are. Na [[bestuiwing]] ontwikkel die [[vrug]] in 'n [[peul]] van 3 tot 7 cm lank en bevat 2 tot 3 (in uitsonderlike gevalle 1 of 4) [[saad|sade]], wat dan hul weg ondergrond baan om ryp te word.
 
Alhoewel dit in die kookkuns as 'n [[neut]] gesien word, is die vrug van die grondboontjie [[plantkunde|botanies]] gesproke 'n houtagtige peul en tegnies gesproke ''nie'' 'n neut nie, soos met die Engelse benaming van ''peanut''. In hierdie aspek is die Afrikaanse benaming tegnies gesproke korrek, deurdat daarna verwys word as 'n ''boon'' en nie 'n neut nie.