St. Sebastiaanbaai

St. Sebastiaanbaai is 'n baai tussen Kaap Infanta en Groot-Jongensfontein in die Wes-Kaap. Aan die westekant van die baai mond die Breederivier uit tussen Witsand en Infanta. Puntjie is 'n nedersetting by die mond van die Duivenhoksrivier. Twee skepe het in die baai gestrand, die Kadie in 1865 en die Merasheen in 1947.