Stade de Gerland
Die Stade de Gerland is die hoofsportmiddelpunt van die Franse stad Lyon. Die stadion wat in die Gerlandkwartier geleë is het tussen 1950 en 2015 as tuisveld van Olympique Lyonnais gebruik. Die stadion is vir sommige van die wedstryde van die Europese Sokkerkampioenskap 1984, FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998, FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 en Rugbywêreldbeker 2007 gebruik.
Stade de Gerland | ||
Die Stade de Gerland voor die wedstryd tussen Australië en Japan tydens die Rugbywêreldbeker 2007
| ||
Bynaam | Le Temple | |
---|---|---|
Volle naam | Stade Gerland | |
Ligging | 353, Avenue Jean-Jaurès, 69007 VIIde Arrondissement, Lyon, Frankryk | |
Koördinate | 45°43′25.6″N 4°49′56.1″O / 45.723778°N 4.832250°O | |
Eienaar | Stad Lyon | |
Operateur | Stad Lyon | |
Kapasiteit | 43 051 | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Eerste sooi gespit | 1913 | |
Gebou | 1914 | |
Geopen | 1926 | |
Uitgebrei | 1960, 1980, 1998 | |
Boukoste | 32,7 m € (insluitend renovasies) | |
Argitek | Tony Garnier René Gagis (renovasie) | |
Huurders | ||
Olympique Lyonnais (Ligue 1) (1950–2015) |
Bouwerk aan die stadium, ontwerp deur die Lyonse inwoner Tony Garnier, het in 1913 'n aanvang geneem. Konstruksie is egter kort daarna deur die uitbraak van die Eerste Wêreldoorlog onderbreek. Na die einde van die oorlog is konstruksie in 1919 met die hulp van 'n groot aantal Duitse krygsgevangenes hervat. Die stadium was teen 1920 ten volle funksioneel.
Oorspronklik het die stadion geen onderdaksitplekke gehad nie en aansienlike herbouings is mettertyd aangebring. In 1960 moes die fietsrybaan wat om die sokkerveld geloop het opgeoffer word om die sitplekkapasiteit na meer as 50 000 te vermeerder. In 1984 het die aantal toeskouers 51 680 vir sekere Europese Sokkerkampioenskapwedstryde gehaal.
Vedere renovasies was nodig vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 aangesien FIFA teen daardie tyd daarop aangedring het dat alle stadiums wat vir internasionale wedstryde, insluitend Wêreldbekerwedstryde, sitplekke vir alle toeskouers moes hê. Die noord- en suidpawiljoene is geheel en al gesloop en die atletiekbaan wat oorgebly het na die fietsrybaan verwyder is moes ook afgestaan word. Die nuwe inkarnasie van Gerland het 'n maksimumkapsiteit van 43 051 bereik.
Die stadium bestaan tans uit twee hoofpawiljoene: 'n noord- en suidpawiljoen. Daar is ook twee kantpawiljoene: Die tribune Jean Jaurès en die tribune Jean Bouin.
Tussen 1950 en 2015 was die stadion die tuiste van Olympique Lyonnais wat 'n nuwe veld nodig gehad het toe dit afgeskei het van Lyon Olympique sportklub wat by die Stade des Iris gespeel het.
In 1967 is die stadion as 'n historiese monument verklaar met veral die boogingange wat as bewaringswaardig beskou word.
Die rekordbywoning vir 'n Ligue 1 wedstryd is 48 552 vir 'n wedstryd tussen Olympique Lyonnais en AS Saint-Étienne in 1982.
Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 het die stadion vyf groepwedstryde aangebied.
Tydens die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 het 'n tragedie hom op die stadion afgespeel tydens die halfeindstryd tussen Kameroen en Colombia toe die Kameroense middeveldspeler Marc-Vivien Foé op die veld ineengestort het en kort daarna in die hospitaal gesterf het.
In 1972 is die Rugby League Wêreldbekereindstryd by die stadion gehou.
Olympique Lyonnais het in 2015 sy tuisveld na die nuwe stadion Parc Olympique Lyonnais geskuif.
Wedstryde
wysigEuropese Sokkerkampioenskap 1984
wysig- Hoofartikel: Europese Sokkerkampioenskap 1984.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
16 Junie 1984 | 20:30 | Denemarke | 5–0 | Joego-Slawië | Groep A | 24 736 |
24 Junie 1984 | 20:00 | Spanje | 1–1 (5–4 straf.) | Denemarke | Halfeindstryd | 47 843 |
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998
wysig- Hoofartikel: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
13 Junie 1998 | 17:30 | Suid-Korea | 1–3 | Meksiko | Groep E | 39 100 |
15 Junie 1998 | 17:30 | Roemenië | 1–0 | Colombia | Groep G | 37 572 |
21 Junie 1998 | 21:00 | Verenigde State | 1–2 | Iran | Groep F | 39 100 |
24 Junie 1998 | 16:00 | Frankryk | 2–1 | Denemarke | Groep C | 39 100 |
26 Junie 1998 | 16:00 | Japan | 1–2 | Jamaika | Groep H | 39 100 |
4 Julie 1998 | 21:00 | Duitsland | 0–3 | Kroasië | Kwarteindstryd | 39 100 |
FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003
wysig- Hoofartikel: FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
18 Junie 2003 | 21:00 | Frankryk | 1–0 | Colombia | Groep A | 38 541 |
20 Junie 2003 | 19:00 | Colombia | 3–1 | Nieu-Seeland | Groep A | 22 811 |
21 Junie 2003 | 21:00 | Brasilië | 1–0 | Verenigde State | Groep B | 20 306 |
23 Junie 2003 | 21:00 | Verenigde State | 0–0 | Kameroen | Groep B | 19 206 |
26 Junie 2003 | 18:00 | Kameroen | 1–0 | Colombia | Halfeindrondte | 12 352 |
Rugbywêreldbeker 2007
wysig- Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 2007.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
8 September 2007 | 15:45 | Australië | 91–3 | Japan | Groep B | 40 043 |
11 September 2007 | 20:00 | Argentinië | 33–3 | Georgië | Groep D | 40 240 |
15 September 2007 | 13:00 | Nieu-Seeland | 108–13 | Portugal | Groep C | 40 729 |
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Stade de Gerland. |
- Google Map (lugfoto)
- Krete van die Stade Gerland Geargiveer 10 Mei 2008 op Wayback Machine
- Virtuele besoek aan die stadion Geargiveer 20 Julie 2008 op Wayback Machine