Strandspringer

Die Strandspringer (Talorchestia capensis) is 'n amfipood wat aan die hele kuslyn van Suid-Afrika voorkom. Die ongewerwelde diertjie word tot 2 cm lank en is marmerwit. Die laaste drie paar pote is lank en staan sywaarts en die mannetjie het kenmerkend drie groot gryp kloue. Die diertjie leef langs die opdrifsellyn op sandstrande en hulle vreet snags seewier.

Strandspringer
PSM V72 D186 Talorchestria sand flea in the death feint.png
Lyntekening van 'n verwante soort
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Familie:
Genus:
Spesie:
C. capensis
Binomiale naam
Talorchestia capensis
(Dana, 1853)

BronWysig