Suid-Afrikaanse Sokkervereniging
(Aangestuur vanaf Suid-Afrikaanse Sokkerassosiasie)
Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Engels: South African Football Association of SAFA) is Suid-Afrika se nasionale vereniging wat sokker in die land organiseer. Die organisasie is in 1991 gestig en is in 1992 by FIFA en CAF geaffilieer. Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging het reeds belangrike toernooie soos die Afrikanasiesbeker 1996, FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009, FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 en Afrikanasiesbeker 2013 aangebied.
Suid-Afrikaanse Sokkervereniging | |
---|---|
Kenteken van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging
| |
Engelse naam | South African Football Association |
Afkorting | SAFA |
Land | Suid-Afrika |
Sportsoorte | Sokker |
Gestig op | 23 Maart 1991 |
Gestig in | Johannesburg, Suid-Afrika |
Lid van | FIFA |
Aangesluit in | 1992 |
Vastelandse beheerliggaam | CAF |
President | Danny Jordaan |
Setel | Johannesburg, Suid-Afrika |
Amptelike taal | Engels |
Amptelike webwerf | safa.net |
Personeel
wysig- Voorsitter: Danny Jordaan
- Adjunkpresident: Mwelo Nonkonyana
- Adjunkpresident: Mandla 'Shoes' Mazibuko[1]
- Adjunkpresident: Irvin Khoza[1]
- Sekretaris-generaal: Leslie Sidibe[1]
Geaffilieerde lede
wysigNasionale spanne
wysig- Onder-12 (Tsetse-flies)
- Onder-17 (Amajimbos)
- Onder-20 (Amajita)
- Onder-23 (Amaglug-glug)
- Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan (Bafana-Bafana)
- Suid-Afrikaanse nasionale vrouesokkerspan (Banyana-Banyana)
Ligas
wysig- ABSA Premierliga, die hoof liga
- Nasionale Eerste Liga, eerste afdeling
- Vodacom Promotional League, tweede afdeling
- SAFA-vroueliga, vir vroue
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Maart 2016. Besoek op 31 Desember 2015.