Thulas Nxesi
Thembelani Waltermade Nxesi (gebore 1 Januarie 1959; beter bekend as Thulas Nxesi) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en gewese Minister van Indiensneming en Arbeid van 30 Mei 2019 tot 19 Junie 2024.[1][2][3] Hy was van 26 Februarie 2018 tot 29 Mei 2019 Minister van Openbare Werke, van 30 Maart 2017 tot 26 Februarie 2018 Minister van Sport en Ontspanning en van 31 Oktober 2010 tot 24 Oktober 2011 Adjunkminister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming. Hy is sedert 6 Mei 2009 lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die African National Congress.
Thulas Nxesi | |
Minister van Indiensneming en Arbeid
| |
Ampstermyn 30 Mei 2019 – 19 Junie 2024 | |
President | Cyril Ramaphosa |
---|---|
Voorafgegaan deur | Mildred Oliphant (Arbeid) |
Opgevolg deur | Nomakhosazana Meth |
Minister van Openbare Werke
| |
Ampstermyn 28 Januarie 2018 – 29 Mei 2019 | |
President | Cyril Ramaphosa |
Voorafgegaan deur | Nkosinathi Nhleko |
Opgevolg deur | Pos afgeskaf |
Ampstermyn 24 Oktober 2011 – 31 Maart 2017 | |
President | Jacob Zuma |
Voorafgegaan deur | Gwen Mahlangu-Nkabinde |
Opgevolg deur | Nkosinathi Nhleko |
Minister van Sport en Ontspanning
| |
Ampstermyn 30 Maart 2017 – 26 Februarie 2018 | |
President | Jacob Zuma Cyril Ramaphosa |
Voorafgegaan deur | Fikile Mbalula |
Opgevolg deur | Tokozile Xasa |
Adjunkminsiter van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming
| |
Ampstermyn 31 Oktober 2010 – 24 Oktober 2011 | |
President | Jacob Zuma |
Lid van die Nasionale Vergadering
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 6 Mei 2009 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 1 Januarie 1959 Matatiele, Oos-Kaap, Suid-Afrika |
Politieke party | African National Congress |
Alma mater | Universiteit van Fort Hare Universiteit van die Witwatersrand Universiteit van Suid-Afrika |
Diens/Tak | Bela Bela |
Vroeë lewe en uitbeelding
wysigThulas Nxesi is gereeld uit die skool geskors vanweë sy betrokkenheid by politieke aktiwiteite.
Hy verwerf in 1983 'n B.A.-graad aan die Universiteit van Fort Hare. Hierna ontvang hy sy B.Ed.-graad van die Universiteit van die Witwatersrand en 'n Hoër Onderwysdiploma van die Universiteit van Suid-Afrika.
Loopbaan
wysigNxesi se politieke loopbaan begin as studente-aktivis en leier van die studentebeweging van die United Democratic Front, die South African National Student Congress (SANSCO), en sy voorganger, die Azanian Students Organisation (AZASO).
Hy gee van 1985 tot 1990 onderwys by die Ikusasa Senior Sekondêre Skool in Tembisa, Gauteng, waar hy aan die hoof staan van die departement van sosiale studies. Vanaf 1990 tot 1994 dien hy as Assistent-sekretaris-generaal en vanaf 1994 tot 2010 as Sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie.
Verwysings
wysig- ↑ http://www.rsg.co.za/nuus.asp?d=1+Augustus+2019[dooie skakel]
- ↑ "White domination: Transformation in the workplace is slow". Moneyweb (in Engels). 28 Augustus 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Februarie 2020. Besoek op 28 Augustus 2019.
- ↑ Maroela-redaksie (29 Augustus 2019). "Solidariteit sê 'minister fokus op foto, vergeet telbord' oor transformasie". Maroela Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Januarie 2020. Besoek op 30 Augustus 2019.
Bronne
wysig- Bulbulia, Muhammed Ismail (28 April 2015). Nzimande Latest South African To Be Denied Israeli Visa Over Pro-Palestinian Stance. The Daily Vox. URL besoek op 26 Desember 2018.
- Mphahlele, Mahlatse (25 April 2017). Acceleration of transformation and revival of school sport among new Sport Minister's top priorities. Times Live. URL besoek op 26 Desember 2018.
- Doelbewuste sabotasie by staatsgeboue, sê Nxesi. Maroela Media (8 September 2018). URL besoek op 26 Desember 2018.
- Leefstyloudits vir bestuurslede by openbare werke. Maroela Media (19 Julie 2018). URL besoek op 26 Desember 2018.
Eksterne skakels
wysig- Thulas Nxesi op People's Assembly