Vallei van Verlatenheid

rotsagtige landskap in Kamdeboo Nasionale Park, Oos-Kaap

Die Vallei van Verlatenheid bied een van die skouspelagtigste berguitsigte in Suid-Afrika. Dit is ‘n natuurmonument van besondere geologiese betekenis. Hierdie besienswaardigheid lê 14km van Graaff-Reinet op die R63 hoofpad na Murraysburg.

Uitsig vanaf die Vallei van Verlatenheid na Graaff-Reinet se kant.

Loodregte kranse en hoë dolerietpilare teen die agtergrond van die vlaktes van die Kamdeboo is die gevolg van vulkaniese werking en erosie 150 tot 190 miljoen jaar gelede.

Hierdie besondere stuk bergterrein is in 1935 tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar. Pierneef het dit in een van sy skilderye verewig.

VerwysingWysig

  • Baudert, Margaret: Graaff-Reinet and the Valley of Desolation. In: Lantern. Tydskrif vir Kuns, Kennis en Kultuur. Jaargang 29, nr. 2, April 1980.
  • Country Life, Februarie 2011

Koördinate: 32°16′0″S 24°29′35″O / 32.26667°S 24.49306°O / -32.26667; 24.49306