Vazimba
Die Vazimba was volgens oorlewering die eerste inwoners van Madagaskar. Hoewel dit onseker is hoe die Vazimba gelyk het, word hulle gewoonlik beskryf as kleiner as die gewone mens. Dit laat sommige wetenskaplikes glo hulle was eintlik ’n pigmeevolk (en dus ’n aparte etniese groep) wat tussen 350 v.C. en 500 n.C. van die moderne Indonesië af gekom het. Dit is egter nog nie bewys nie.
Stories oor die Vazimba vorm ’n belangrike element in die kultuurgeskiedenis en kollektiewe identiteit van die Malgasse – dit strek van die historiese tot die bonatuurlike en het gelei tot ’n verskeidenheid gelowe en gebruike dwarsoor die eiland.
Eksterne skakels
wysig- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia