Verjaarsdag

dag waarop ‘n mens sy of haar geboorte vier

‘n Verjaarsdag of Verjaardag is die dag waarop ‘n mens sy of haar geboorte vier. Dit het betrekking op mense, maar die viering van ‘n verjaarsdag kan ook betrekking hê op byvoorbeeld troeteldiere, of die stig van ‘n besigheid of vereniging.

'n Verjaarsdagkoek met kersies.
Kinders vier 'n verjaarsdag saam met maatjies.

In baie lande, ook in Suid-Afrika, stem die verjaarsdag ooreen met die geboortedag. Wie op 28 November gebore is vier sy of haar verjaarsdag jaar op 28 November 2020.

In sommige lande of kulture word die verjaardag nie op die geboortedag gevier nie, maar op die naamdag, die dag van die heilige waarna jy vernoem is.