Vespasiano I Gonzaga
Vespasiano I Gonzaga (6 Desember 1531 – 26 Februarie 1591) was 'n Italiaanse adellike (as lid van 'n tak van die Gonzaga-familie te Mantua), diplomaat, skrywer, argitek, militêre ingenieur en condottiero. Hy word onthou as 'n beskermheer van kunste en as stigter van Sabbioneta, 'n nedersetting in Lombardye wat volgens die Renaissance-beginsels ten opsigte van die «ideale stad» ontwerp.
Sy suksesvolle loopbaan word oorskadu deur tragiese gebeure in sy privaat lewe. Al sy drie vroue is gedurende sy leeftyd oorlede, net soos sy enigste seun. Hy was blykbaar by die dood van twee van sy eggenote asook dié van sy tienerseun betrokke.[1]
Verwysings
wysigEksterne skakels
wysig- Biografie
- (it) Musei Sabbioneta / Polo Museale Vespasiano Gonzaga: Vespasiano I Gonzaga Colonna - Un personaggio
- (it) Treccani / La Cultura Italiana - Dizionari Biografico degli Italiani: Gonzaga, Vespasiano
- (it) Wall Street Journal International, 5 Februarie 2014: Vespasiano Gonzaga, uomo d'arme e umanista
- Sabbioneta