Visrivier-kanowedvaart
Die Visrivier-kanowedvaart vind in die Oos-Kaap plaas, begin by die Grassridgedam en eindig by Cradock.
Die kanomaraton word jaarliks in Oktober oor twee dae deur alle top kajakroeiers van ons land uitgespook. Dit is een van die groot kanowedvaarte in die land saam met die Bergrivier- en Dusi-kanowedvaarte.
Geskiedenis
wysigDie Visriviermaraton word die eerste keer in 1982 aangebied met 77 deelnemers. Dit was oorspronklik die idee van die Kaapse roeier Dave Alexander en die plaaslike ingenieur van die Departement van Waterwese, Knut Olav "KO" Bang.[1] Inskrywings bereik teen die jaar 2000 'n hoogtepunt met 1 564 deelnemers, wat die maraton onder die wêreld se vyf grootstes plaas.[2] Die algehele wenners in 2011 was Hank McGregor en Grant van der Walt met 'n tyd van 4:40.38 vir die 2-dag byeenkoms.[3]
Vorige wenners
wysigJaar | Klas | Wenner | Tyd | Land |
---|---|---|---|---|
2011 | K2 | McGregor/ Van der Walt | 4:40:38 | Suid-Afrika |
2010 | K2 | McGregor/ Van der Walt | 4:43:26 | Suid-Afrika |
2009 | K1S | Len Jenkins | 4:51:16 | Suid-Afrika |
2008 | K2 | Lucas Mthalane | 5:55:59 | Suid-Afrika |
2007 | K1 | Len Jenkins | 4:57:39 | Suid-Afrika |
2006 | K1 | Scott Johnson | 5:43:15 | Suid-Afrika |
2005 | K1 | Len Jenkins | 4:59:27 | Suid-Afrika |
2004 | K1 | Maynard Scott | 5:27:34 | Suid-Afrika |
2003 | K1 | Len Jenkins | 5:04:31 | Suid-Afrika |
2002 | K2 | Willis Russell | 5:17:28 | Suid-Afrika |
2001 | K1 | Len Jenkins | 5:00:22 | Suid-Afrika |
2000 | K1 | Eben Mocke | 5:47:03 | Suid-Afrika |
Verwysings
wysig- ↑ http://www.southafrica.net/sat/content/en/za/full-article?oid=16608&sn=Detail&pid=8203
- ↑ http://www.southafrica.net/sat/content/en/us/event-detail?oid=10046&sn=Detail&pid=471&Fish-River-Canoe-Marathon
- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 April 2012. Besoek op 5 Augustus 2013.