Webbladsy
enkele dokument saamgestel uit HTML wat direk via webblaaiers bekyk kan word en toeganklik is via die World Wide Web
(Aangestuur vanaf Webblad)
'n Webbladsy of webblad is 'n dokument wat met 'n webblaaier oopgemaak kan word en geskik is vir plasing op die Internet. Dié dokumente word gewoonlik met HTML- of XML-kode opgestel. Die bronkode word dan deur die webblaaier omgeskakel na 'n leesbare bladsy. Webblaaie kan ook media (soos beelde, video's, en oudio-lêers), asook skakels (URL's) na ander webbladsye bevat.