Wikipedia:Voorbladartikel week 35 2013
Saturnus is die sesde planeet van die Son af. Dit is 'n gasreus en die tweede grootste planeet in die sonnestelsel na Jupiter. Die planeet is vernoem na die Romeinse god Saturnus en sy simbool is 'n gestileerde weergawe van Saturnus se sekel (♄).
Saturnus het 'n kenmerkende ringstelsel wat hoofsaaklik bestaan uit ysdeeltjies, klipperige afval en stof. Die planeet het ten minste 60 mane, waarvan Titaan die grootste is.
Die samestelling van Saturnus bestaan hoofsaaklik uit waterstof, met klein proporsies helium en spore van ander elemente. Inwendig bestaan die planeet uit 'n klein kern van rots en ys wat deur 'n dik laag waterstof en 'n gas-agtige buitelaag omhul word.
Die spoed van wind kan op Saturnus tot 1800 km/h bereik, wat besonders vinniger is as die spoed van wind op Jupiter. Saturnus het ook 'n planetêre magnetiese veld, die sterkte van dié veld lê tussenin die sterkte van die aarde se magnetiese veld en die kragtiger veld om Jupiter.