Winston-Salem
Winston-Salem is 'n stad in die Amerikaanse deelstaat Noord-Carolina met ongeveer 234 349 inwoners. Dit is naby Greensboro in Noord-Carolina geleë. Die stad word Winston-Salem genoem, want dit het aanvanklik uit twee dorpe bestaan: Winston en Salem, wat later saamgesmelt het.
Winston-Salem | |
---|---|
Stad | |
Die middestad van Winston-Salem. Die hoë wolkekrabber is in North Main-straat no. 100, en is 'n landmerk in die stad. | |
Koördinate: 36°06′9″N 80°15′37″W / 36.10250°N 80.26028°W | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Noord-Carolina |
County | Forsyth |
Stigting | 1766 (Salem), 1849 (Winston) |
Geïnkorporeer op | 1913 (Winston-Salem) |
Regering | |
• Burgemeester | Allen Joines (D) |
Oppervlak | |
• Stad | 343 km2 (132,4 vk. myl) |
• Land | 336 km2 (129,6 vk. myl) |
• Water | 7 km2 (2,8 vk. myl) |
Hoogte | 300 m (970,95,77 ft) |
Bevolking | |
• Stad | 234 349 |
• Digtheid | 559/km2 (1 400,7/vk. myl) |
• Metro | 647 697 |
Skakelkodes | 336 |
Webwerf | cityofws.org |
Winston-Salem is in sentraal Noord-Carolina geleë. Die Interstate 40-hoofweg loop deur die stad. Die stad het 'n gematigde klimaat met warm somers en koel winters. Dit kry ongeveer 1130,8 mm reën per jaar en dit sneeu ook soms daar.
Die Ou Salem is 'n historiese deel van Winston-Salem. Besoekers kan hier leer hoe mense rondom 1800 gelewe het.