Die Woodstockdam is geleë in die Tugelarivier in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die dam is in 1983 voltooi met 'n wal wat 54 m hoog is en 'n bakmaat van 373 260 000 m³. Die dam is deel van die Tugela-Vaal-waterprojek.

Woodstockdam
Die Kilburndam in die voorgrond en die Woodstockdam in die agtergrond
Die Kilburndam in die voorgrond en die Woodstockdam in die agtergrond
Amptelike naam Woodstockdam
Ligging KwaZulu-Natal
Provinsie/Land Suid-Afrika
Koördinate 28°45′36″S 29°14′45″O / 28.76000°S 29.24583°O / -28.76000; 29.24583
Dam in Tugelarivier
Doel Opgaardam
Openingsdatum 1983
Eienaar Departement van Waterwese
Soort dam Grondvulling
Hoogte van wal 54 m
Lengte van wal 865 m
Bakmaat 373 260 000 m³
Opvanggebied 1 171 km²
Damoppervlak 2 916 ha
Woodstockdam se posisie in die Drakensberg-pompopgaarskema.

Die dam is die laagste liggende van die 3 damme in die tweede fase, en is ongeveer 5 km stroom op van die opgaarkom by Drielpompstasie geleë en is nog nie heeltemal voltooi nie. Dit sal uiteindelik 'n grondwal van 49 m hoog met 'n kruinlengte van 865 m hê.

Die dam se opgaarvermoë sal die wateropbrengs van die Vaal-Tugelaprojek verhoog sodat dit aan die vereistes van die tweede fase sal voldoen. Vanweë die swaar vloede wat in die gebied voorkom, is 'n kisdam by die konstruksiewerk geïntegreer. Water van die Woodstockdam word na die Drielstudam afgelei en van daar na die hoofkanaal gevoer.

Sien ook

wysig

Bronne

wysig