Blinkblaar-wag-’n-bietjie

(Aangestuur vanaf Ziziphus mucronata)

Die Blinkblaar-wag-’n-bietjie (Ziziphus mucronata)[1] is ’n boom wat feitlik oor die hele Suider-Afrika voorkom, behalwe Suidwes-Kaap, aan die kus van Namibië, aan die kus van Mosambiek en Suidwes-Botswana. Die boom is slaphangend en op die jong hout is daar gewoonlik aan weerskante van die blaarsteel ’n paar baie skerp dorings, die een krom en die ander reguit. Die glansende groen blare is kenmerkend en die blaarbasis is simmetries met die blaarrand uiters fyn geskulp.

Blinkblaar-wag-’n-bietjie
Ziziphus mucronata, habitus, Phalandingwe.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
Z. mucronata
Binomiale naam
Ziziphus mucronata

Die boom dra klein, gelerige blomme met 'n deursnee van 6 mm. Die vrugte is tot 1.5 cm in deursnee en hoewel eetbaar is dit nie baie smaaklik nie. Die vlees van die vrugte is dun, droog en melerig. Die boom het baie medisinale gebruike.

Die Blinkblaar-wag-’n-bietjie is as Suid-Afrika se Algemene Boom van die Jaar vir 2017 aangewys.[2]

Sien ookWysig

BronneWysig

VerwysingsWysig

  1. Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. p. 152. ISBN 978-1-77007-759-1.
  2. "The Buffalo thorn is 2017's Common Tree of the Year" (in Engels). flauna.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2017. Besoek op 4 Junie 2017.