Šventoji
Die Šventoji-rivier (letterlik "Die Heilige") is die langste rivier wat uitsluitlik op Litause grondgebied vloei en ook die grootste takrivier van die Neris. Die rivier ontspring in die Samanis-meer (Gražutė-streekpark, Noordoos-Litaue) en mond naby Jonava in die Neris uit. Die langste takrivier van die Šventoji is die Širvinta.
Šventoji | |
---|---|
Die Šventoji-rivier naby Šventupė. | |
Die stroomgebied van die Šventoji. | |
Oorsprong | Samanis-meer, Noordoos-Litaue |
Monding | Neris-rivier |
Stroomgebied | Litaue |
Lengte | 246 km (153 myl) |
Oorspronghoogte | 225 m (738 voet) |
Gemiddelde afloop | 56,1 m³/s (1 980 ft³/s) |
Stroomgebiedopp. | 6 888,8 km² (2 660 myl²) |
Kaart van die Šventoji-bekken in Europa.
|
Die Šventoji-rivier vloei onder meer deur die stede Anykščiai, Kavarskas en Ukmergė. In die Sowjet-tydperk is tussen 1963 en 1964 'n dam naby Kavarskas opgerig om die Nevėžis-rivier met water uit die Šventoji aan te vul, tog is hierdie dam intussen nie meer in gebruik nie aangesien sy onderhoud baie koste-intensief en oneffektief was. Die dam het daarnaas ook omgewingsregulasies van die Europese Unie verbreek.[1]
Die Antalieptė-dam, wat in 1959 ontstaan het, is die tweede grootste mensgemaakte meer in Litaue.[2] Die Šventoji is vandag veral gewild by roeisport-entoesiaste.
Verwysings
wysig- ↑ Gintautas Subačius: Nevėžio troškulys didėja, 19 Julie 2006, aanlyn beskikbaar: sekunde.lt Geargiveer 8 Desember 2014 op Wayback Machine
- ↑ grazute.lt: Ten kur prasideda Šventoji...
Ander bronliteratuur
- Juozas Obelienius. Lietuvos TSR vandens turistų keliai (Waterroetes vir toeriste in die Litause SSR). Vilnius: Mintis 1982
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Šventoji.