Żydowski Związek Wojskowy

Żydowski Związek Wojskowy (ŻZW, Pools vir "Joodse Militêre Unie") was 'n ondergrondse versettingsbeweging tydens die Tweede Wêreldoorlog en werksaam in die Warskou Ghetto area. Die beweging het ook aan die Warskou Ghetto Opstand deelgeneem. Dit is hoofsaaklik deur voormalige militêre offisiere van die Poolse leër in 1939 gestig, kort na die Duitse inval van Pole.

Aangesien die ŻZW nou verbind was met die nasionalistiese Armia Krajowa (AK), het die kommunistiese owerheid na die oorlog die uitgewing van boeke en artikels oor die ŻZW onderdruk, met die gevolg dat hul rol in die ghetto opstand lank onderskat was,[1] in teenstelling met die linkse Joodse organisasie Żydowska Organizacja Bojowa ("Joodse Gevegsorganisasie") wie se rol in die stryd beter gedek word in moderne studies en ondersoeke.[2]

Verwysings

wysig
  1. ŻZW; Appelbaum w cieniu Anielewicza deur Maciej Kledzik. Soos verskyn in die Rzeczpospolita: Oktober, 2002, volume 10, uitgawe 12. Laaste besoek op 9 Mei, 2006.
  2. Karły krzyczą, gdy śpią herosi deur Waldemar Moszkowski. Soos verskyn in die Nasz Dziennik: 20 April, 2006. Laaste besoek 9 Mei, 2006.