Maak hoofkeuseskerm oop

2001: A Space Odyssey is 'n deurbraak-rolprent in spesiale effekte wat in 1968 uitgereik is. Die regisseur, Stanley Kubrick, het optiese en meganiese effekte gebruik om sy buitenste-ruimte-epos te skep en dit bly die teksboek van nie-digitale effekte. Blykbaar wou Kubrick die blouskerm-proses vermy en het hy die tegnieke van die stilrolprent-era gebruik waar die rolprente teruggedraai is, geblok is, ensovoorts. In 'n sekere sin is die rolprent met die hand gemaak.

2001: A Space Odyssey
Regisseur Stanley Kubrick
Produksieleier Stanley Kubrick
Draaiboek Draaiboek:
Stanley Kubrick
Arthur C. Clarke
Roman: Arthur C. Clarke
Met Keir Dullea
Gary Lockwood
William Sylvester
Daniel Richter
Leonard Rossiter
stem van Douglas Rain
Kinematografie Geoffrey Unsworth
Redigeerder Ray Lovejoy
Verspreider Metro-Goldwyn-Mayer
Uitgereik 6 April 1968
Speeltyd Premiere weergawe: 170 min
Teater weergawe: 141 min
Land Verenigde Koninkryk
VSA
Taal Engels
Begroting VS$ 10,5 miljoen
Bruto wins VS$ 191 miljoen
Opgevolg deur 2010
IMDb-profiel

Die effekte aan die einde van die rolprent wat lyk asof dit digitaal is, is verkry deur gebruik te maak van 'n "slit-scan"-kamera wat 'n vertikale rol kunswerke - pop kuns, rekenaar- en bedradingsdiagramme en argitektoniese tekeninge - oor verskillende afstande (van vyf meter tot twee sentimeter) verfilm het. Nadat dit gefotografeer is, is dit teen hoë spoed geprojekteer om 'n duiseling-effek te skep. Hierdie spesiale effekte het 'n Oscar verdien.