2017-blokkering van Wikipedia in Turkye
(Aangestuur vanaf 2017 blokkering van Wikipedia in Turkye)
Op 29 April 2017 het die Turkse owerhede aanlyn toegang tot Wikipedia in alle tale in Turkye geblokkeer.[1][2]
Die beperkings wat opgelê is hou verband met die 2016-'17-suiwerings ná die onsuksesvolle Turkse staatsgreep van 2016, 'n paar weke ná 'n belangrike grondwetlike referendum, en ná 'n meer selektiewe gedeeltelike blokkering van Wikipedia-inhoud in die vorige jaar. Na aanleiding van die verbod is die stigter van Wikipedia, Jimmy Wales, se uitnodiging na die Wêreldstede-expo in Istanbul van 15 tot 18 Mei gekanselleer.