30ste Oscar-toekenningsaand
Die 30ste Oscar-toekenningsaand is op 26 Maart 1958 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Hollywood gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1957.
30ste Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 26 Maart 1958 | |
Plek | RKO Pantages Theatre, Hollywood | |
Aanbieder | Bob Hope, Rosalind Russell, David Niven, James Stewart, Jack Lemmon | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | The Bridge on the River Kwai | |
Meeste pryse | The Bridge on the River Kwai (7) | |
Meeste benoemings | Sayonara (10) |
Die Oscar vir draaiboek gebaseer op materiaal van ’n ander medium is toegeken aan Pierre Boulle vir The Bridge on the River Kwai, ondanks die feit dat hy nie kon Engels praat nie. Die eintlike skrywers, Carl Foreman en Michael Wilson, was in dié tyd op ’n swartlys en hul werk is nie op die skerm erken nie. Foreman en Wilson het intussen by die Academy erkenning vir hul bydrae gekry.
Joanne Woodward se Oscar vir beste aktrise in The Three Faces of Eve was die laaste keer in ’n lang tyd dat ’n rolprent vir beste aktrise gewen het sonder dat dit enige ander benoeming gekry het. Dit is eers 31 jaar later deur Jodie Foster geëwenaar vir haar rol in The Accused.
Peyton Place het die rekord van The Little Foxes geëwenaar vir die prent met die meeste benoemings sonder om ’n enkele prys te wen (9). Dit is eers in 1977 oortref deur The Turning Point, wat 11 benoemings gekry het sonder om te wen. Laasgenoemde rekord is in 1985 geëwenaar deur The Color Purple. Peyton Place het ook ’n rekord opgestel as die prent met die meeste akteursbenoemings sonder om een te wen (5). Dié rekord is een keer geëwenaar, in 1964 deur Tom Jones.
Pryse
wysigHier volg ’n lys van die belangrikste wenners en benoemdes (die wenners word eerste genoem en is in vet druk):[1]
Beste rolprent | Beste regisseur |
---|---|
|
|
Beste akteur | Beste aktrise |
|
|
Beste manlike byspeler | Beste vroulike byspeler |
|
|
Beste oorspronklike draaiboek | Beste verwerkte draaiboek |
|
|
Beste buitelandse prent | Beste lang dokumentêr |
| |
Beste kunsredigering | Beste kinematografie |
|
|
Beste redigering | Beste spesiale effekte |
|
|
Erepryse
wysig- Charles Brackett
- B.B. Kahane
- Gilbert M. Anderson
- Society of Motion Picture and Television Engineers
Jean Hersholt- Humanitêre prys
wysig- Samuel Goldwyn
Verwysings
wysig- ↑ "The 30th Academy Awards (1958) Nominees and Winners". oscars.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2014. Besoek op 21 Augustus 2011.
Eksterne skakels
wysig- The 33rd Annual Academy Awards op IMDb
- op die Internet Movie Database
- 1957 Oscars by Infoplease
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oscars.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia