AIDC F-CK-1 Ching-kuo
Die AIDC F-CK-1 Ching-kuo is 'n multirolvegvliegtuig van die Taiwanese Lugmag. Dit staan ook bekend as die Indigenous Defensive Fighter (IDF). Dit is vernoem na die Taiwanese president Chiang Ching-kuo.
AIDC F-CK-1 Ching-kuo | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | Aerospace Industrial Development Corporation |
Nooiensvlug | 28 Mei 1989 |
Bekendstelling | Januarie 1994 |
Status | In diens |
Die vliegtuig word in Taiwan gebou met tegniese bystand van die Amerikaanse firma General Dynamics. Dit het kenmerke soortgelyk aan die General Dynamics F-16 Fighting Falcon, tewens, dit kan beskou word as 'n kleiner weergawe van die F-16. Ontwikkeling van die vliegtuig het in 1982 begin nadat Amerika 'n wapenboikot teen Taiwan begin het om sy verhoudings met Volksrepubliek China te verbeter - Taiwan kon geen vegvliegtuie vanaf Amerika invoer nie. Maar daar was geen boikot teen tegniese ondersteuning aan Taiwan nie; die Ching-kuo is die neus van die F-20A Tigershark wat aan die romp, vlerke en stertvin van die F-16 gekoppel is. Taiwan moes hulle verouderde Northrop F-5 Freedom Fighter en Lockheed F-104 Starfighter vervang met die IDF. Die IDF versnel vinniger as die F-104 en het 'n kleiner draaisirkel as die F-5.
Die prototipe het sy nooiensvlug op 28 Mei 1989 onderneem, aflewering aan die Taiwanese Lugmag het in Januarie 1994 begin en die laaste van 130 eenhede is in Januarie 2000 afgelewer.
Tegniese besonderhede
wysigItem | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 2 |
Tipe motor | Straalmotor |
Vervaardiger | International TFE1042-70 turbostraler met nabrander. |
Kraglewering per motor | 4 269 perdekrag |
Vlerkspan | 8,53 m |
Lengte | 13,26 m |
Hoogte | 4,65 m |
Vlerkoppervlakte | 24,3 m2 |
Normale opstygmassa | 12 245 kg |
Maksimum snelheid | 1 295 km/h |
Operasionele hoogte | 16 470 m |
Togafstand | 965 km |
Klimvermoë | 15 250 m per minuut |
Bewapening | Een 20 mm kanon ses hegpunte vir lug-tot-lug, antiskeepsmissiele en -bomme. |
Sien ook
wysigBron
wysig- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9