Age of Iron
Age of Iron is 'n roman deur die Suid-Afrikaanse skrywer J.M. Coetzee wat die eerste keer in 1990 gepubliseer is. Die roman maak gebruik van 'n eerstepersoonverteller, Mrs Curran, en is in briefvorm geskryf. Dit het grootliks te doen met hierdie verteller se bewuswording van haar eie tekortkominge as 'n wit liberale Engelstalige Suid-Afrikaner, spesifiek wat die land se sosiale en politiese omstandighede betref.
Age of Iron
| |
---|---|
Skrywer | J.M. Coetzee |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Engels |
Genre | Roman |
Uitgewer | Secker and Warburg (VK) |
Uitgegee | September 1990 |
Medium | Druk (gebind & sagteband) |
Bladsye | 224 |
ISBN | 0-394-58859-2 |