Al Stewart
Alastair Ian Stewart (* 5 September 1945 in Glasgow, Skotland) is 'n Britse sanger-liedjieskrywer en folk rock-musikant wat gedurende die sogenaamde British folk revival, 'n herlewing van belangstelling in folkmusiek in die 1960's en 1970's, groot sukses behaal het met sy unieke musiekstyl en liedtekste waarin hy historiese gebeure beskryf of karakters uitbeeld.
Al Stewart | |
---|---|
Al Stewart in Februarie 2010 tydens 'n konsert in Santa Monica, Kalifornië | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Alastair Ian Stewart |
Gebore | 5 September 1945 Glasgow, Skotland |
Genres | Rock • pop • folk rock • psigedeliese rock • soft rock |
Beroep(e) | Musikant, sanger-liedjieskrywer |
Instrumente | Stem, kitaar, baskitaar, klavier, kitaar, tromme, harmonika |
Jare aktief | 1966–hede |
Etikette | CBS • RCA • EMI |
Webwerf | www.alstewart.com |
Stewart het veral bekendheid verwerf met sy internasionale treffer Year of the Cat, die titellied van die gelyknamige platinum-langspeler wat in 1976 uitgereik is.