Albina Bini
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Albina Bini (1899–1998) was ’n Italiaansgebore pianis en sopraan. Sy het haar as 'n konsertpianis in Suid-Afrika gevestig en gereeld as solis saam met Suid-Afrikaanse simfonie-orkeste opgetree. Sy het ook die Florence Kameropera Groep in Kaapstad gestig en was 'n gesogte sang-en-klavier-dosent aan die Suid-Afrikaanse Kollege vir Musiek in Kaapstad.[1]
Albina Bini | |
---|---|
Gebore | 11 Julie 1899 Florence |
Sterf | 24 Maart 1998 San Gimignano |
Beroep(e) | Sangeres |
Instrumente | Stem, klavier |
Lewensloop
wysigAlbina Bini is op 11 Julie 1899 in Florence in Italië gebore. In 1904 immigreer sy saam met haar ouers na Suid-Afrika en ontvang haar eerste musikale opleiding aan die St Mary's Convent School in Kaapstad. Op 11 het sy elke aand klavier by die Claremont-bioskoop vir 'n beloning van drie goue soewereine gespeel. Op 15 studeer sy onder madame Niay Darroll, 'n stigterslid van die Suid-Afrikaanse Musiekkollege, en wen talle wedstryde en goue medaljes by die Eisteddfod.[2]
Bini maak haar debuut as 'n konsertpianis met die Kaapstadse Munisipale Orkes. In haar eerste opera speel sy die rol van Rosina in 'n produksie van die Barbier van Sevilla, ook saam met die Kaapstadse Munisipale Orkes. Sy het vir bykans 30 jaar, van die 1930's tot in die 1960's, as 'n opera prima dona opgetree.
Verwysings
wysig- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑ Profiel op stuartfifield.com Geargiveer 1 April 2016 op Wayback Machine, besoek op 7 Januarie 2017