Alfred Bohrmann
Alfred Bohrmann (28 Februarie 1904 - 4 Januarie 2000) was 'n Duitse sterrekundige en ontdekker van klein planete.
Alfred Bohrmann | |
Gebore | 28 Februarie 1904 |
---|---|
Oorlede | 4 Januarie 2000 |
Nasionaliteit | Duits |
Vakgebied | Sterrekunde |
Alma mater | Universiteit van Heidelberg |
Bekend vir | Die asteroïde 1635 Bohrmann |
Hy het sy Ph.D. proefskrif in 1927 by die Heidelberg-Königstuhl Staatsobservatorium by die Universiteit van Heidelberg gedoen.[1] Op daardie stadium was die sterrewag in Heidelberg 'n sentrum vir asteroïd-ontdekking deur Max Wolf, Karl Reinmuth en ander. In sy tyd het Bohrmann 9 asteroïdes ontdek. Bohrmann het vanaf 1924 tot 1969 by die sterrewag gewerk en meer as 700 klein-planeet waarnemings gepubliseer. Hy het die sterrewag verlaat ná 'n geskil met die sterrewag se hoërgesag. Die asteroïde 1635 Bohrmann is na hom vernoem.
Verwysings
wysigEksterne skakels
wysig- (de) Obituary