Alfvéngolf
tipe magnetiese hidrodinamiese golf
'n Alfvéngolf (genoem na die Sweedse fisikus Hannes Alfvén) is 'n soort plasmagolf waarin ione tril, of ossilleer, in reaksie op 'n herstellende krag wat verskaf word deur 'n effektiewe spanning in die magneetveldlyne.[1]
Definisie
wysig'n Alfvéngolf is 'n laefrekwensietrilling van die ione en magneetveld in 'n plasma. Die ioonmassadigtheid verskaf die inersie en die magneetlynspanning die herstellende krag. Alfvéngolwe plant voort in die rigting van die magneetveld en die beweging van die ione, en die versteuring van die magneetveld is transversaal (dwars) tot die rigting van voortplanting.
Verwysings
wysig- ↑ Iwai, K; Shinya, K,; Takashi, K. en Moreau, R. (2003) "Pressure change accompanying Alfvén waves in a liquid metal". Magnetohydrodynamics, 39(3): pp. 245-250, bl. 245
Skakels
wysig- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.