Alhambra-teater, Durban
teater en Durban
Die Alhambra-teater is ’n teater wat in 1952 in Bereaweg, Durban, in gebruik geneem is. Dit het plek vir 800 mense gehad.
Stad of dorp | Durban | |
Land | Suid-Afrika | |
Geopen | 31 Desember 1952 | |
Gesluit | 1985 |
Geskiedenis
wysigDie teater is in 1952 vir African Consolidated Theatres gebou op ’n perseel waar die Alhambra-bioskoop eers gestaan het.[1] Dit is op 31 Desember van dié jaar in gebruik geneem. Rolprente is vertoon en toneelstukke is opgevoer.
Die Natalse kunsteraad, Naruk, het die gebou in 1963 begin huur en dit in 1970 gekoop vir produksies van opera, ballet, musiekspele, ens. In Oktober 1985 het Naruk sy laaste seisoen in die teater beleef voordat hulle na die Natal Playhouse verskuif het. Van 1986 af het die Alhambra die Durban Christian Centre gehuisves.[1]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 The Encyclopaedia of South African Theatre, Film, Media and Performance URL besoek op 3 Maart 2013