Almal Dra 'n Jas
Almal Dra 'n Jas is 'n tradisionele Afrikaanse liedjie.
Lirieke
wysigAlmal dra 'n jas
Almal dra 'n jas
'n Jas wat netjies pas
'n Jas wat netjies pas
Die leeu, die muis, buite of tuis
Vaal, bruin, bont of grys
Almal dra 'n jas
Almal dra 'n jas
'n Jas wat netjies pas
'n Jas wat netjies pas
Die skaap sê trots, myne's wol
Die van die vark is vol modder gerol
Almal dra 'n jas
Almal dra 'n jas
Almal dra 'n jas
'n Jas wat netjies pas
'n Jas wat netjies pas
Die kwagga is deftig in swart en wit
Bobbejaan se ou jas is al flenters gesit
Almal dra 'n jas
Almal dra 'n jas
'n Jas wat netjies pas
'n Jas wat netjies pas
Mooi knopies van rooi op die jas van kalkoen
Die slang s'n is net vir die somerseisoen
Almal dra 'n jas
Almal dra 'n jas
Almal dra 'n jas
'n Jas wat netjies pas
'n Jas wat netjies pas
Die ystervark is seker gek
Hy het sy jas met skerp penne bedek
Almal dra 'n jas
Almal dra 'n jas
'n Jas wat netjies pas
'n Jas wat netjies pas
Die eland, die buffel, die hond en die kat
Die koei en die kalf en die lekker patat
Almal dra 'n jas
Almal dra 'n jas