Amerikaanse langhaarkat

Die Amerikaanse langhaarkat (Engels: American Longhair) is ’n katras wat in die VSA ontstaan het ná ’n teelprogram.

Amerikaanse langhaarkat
Herkoms  VSA
Ontstaan  Kruisras
Pels  Lank
Patroon  Alle
Wetenskaplike naam
Felis catus (huiskat)
Portaal  Portaalicoon   Katte

Geskiedenis

wysig

Die Amerikaanse langhaarkat is die gevolg van ’n teelprogram om ’n Amerikaanse korthaarkat te teel met die blink pels en groen oë van ’n silwergetinte Persiese kat. Die resultaat was egter ’n Persiese kat met ’n korter pels en skraler lyf. Aanvanklik is beplan om die katte "silwer langhaarkatte" te noem, maar mettertyd is nog kleure ontwikkel en so is die Amerikaanse langhaarkat gebore.

Daar was aanvanklik teenkanting van die telers van Persiese katte, maar die katte word nou deur sekere verenigings aanvaar. Omdat die korthaar-eienskap resessief is, produseer die langhaarkatte steeds katte met kort hare ook.

Beskrywing

wysig

Die Amerikaanse langhaarkat het ’n sagte stem en hoewel hulle gewoonlik aktiewer as Persiese katte is, is hulle maklike katte om aan te hou.

Sien ook

wysig

Lys van katrasse

Eksterne skakels

wysig