Anthony Doerr
Geslag | manlik |
---|---|
Land van burgerskap | Verenigde State |
Naam in moedertaal | Anthony Doerr |
Gegewe naam | Anthony |
Familie naam | Doerr |
Geboortedatum | 27 Oktober 1973 |
Geboorteplek | Cleveland |
Taalbeheersing | Engels |
Skryftaal | Engels |
Beroep | romanskrywer, skrywer, joernalis |
Werkveld | letterkunde |
Werkgewer | Boston Globe |
Alma mater | Bowdoin College, University School, Bowling Green State University |
Bekend vir | All the Light We Cannot See, Cloud Cuckoo Land |
Genomineer vir | National Book Award for Fiction, National Book Award for Fiction, Dayton Literary Peace Prize for Fiction, Locus Award for Best Science Fiction Novel |
Amptelike webwerf | http://www.anthonydoerr.com/ |
Anthony Doerr (gebore 27 Oktober 1973) is 'n Amerikaanse skrywer van romans en kortverhale. Hy het wydverspreide erkenning gekry vir sy 2014-roman All the Light We Cannot See, wat die Pulitzer-Prys vir Fiksie gewen het.
Vroeë lewe en opvoeding
wysigDoer het in Cleveland, Ohio groot geword.[1] Hy het die nabygeleë University School bygewoon, waar hy in 1991 gegradueer het. Hy het toe geskiedenis as hoofvak geneem aan Bowdoin Kollege in Brunswick, Maine, waar hy in 1995 gegradueer het, en daarna 'n Meestersgraad van Beeldende Kunste van Bowling Green State-universiteit ontvang het.[2]
Loopbaan
wysigDoerr se eerste gepubliseerde boek is 'n versameling van kort stories genoem The Shell Collector (2002). Baie van die stories vind plaas in Afrika en Nieu-Seeland, waar hy gewoon en gewerk het. Hy het nog 'n boek van kort stories geskryf, wat Memory Wall (2010) genoem is. Sy eerste roman, About Grace, was in 2004 vrygestel. Doerr het toe sy memoires, Four Seasons in Rome, geskryf wat in 2007 gepubliseer is.
Doerr se tweede roman, All the Light We Cannot See, geset in die besette Frankryk gedurende die Tweede Wêreldoorlog, was gepubliseer in 2014. Dit het aansienlike kritieke lof ontvang en was 'n finalis vir die National Book Award vir Fiksie.[3] Die boek is 'n New York Times beste verkoper en is deur die koerant as 'n noemenswaardige boek uit 2014 aangewys.[4] Dit het die Pulitzer-Prys vir Fiksie in 2015 gewen. Dit was ook die naaswenner vir die 2015 Dayton Literêre Vrede-Prys vir Fiksie [5] en het die 2015 Ohioana Biblioteek Vereniging Boek-Toekenning vir Fiksie gewen.[6]
Doerr skryf ook 'n rubriek oor wetenskap boeke vir die Boston Globe en is 'n bydraer tot The Morning News, 'n aanlyn-tydskrif.
Van 2007 tot 2010, was hy die writer-in-residence vir die staat van Idaho.[7][8]
Persoonlike lewe
wysigDoerr is getroud, het tweeling seuns, en woon in Boise, Idaho.[9]
Bibliografie
wysigRomans
wysig- About Grace (2004) ISBN 978-0-7432-6182-1
- All the Light We Cannot See (2014) ISBN 1476746583
- Cloud Cuckoo Land (2021) ISBN 978-1-982168-43-8
Kort storie versamelings
wysig- The Shell Collector[10] (2002) ISBN 1439190054
- Memory Wall (2010) ISBN 978-1-4391-8280-2
Memoires
wysig- Four Seasons in Rome: On Twins, Insomnia and the Biggest Funeral in the History of the World[11] (2007) ISBN 978-1-4165-4001-4
Toekennings
wysig- Barnes & Noble Discover Prize, vir The Shell Collector
- Rome Prize van die American Academy of Arts and Letters en die American Academy in Rome
- 2003: New York Public Library se Young Lions Fiction Award, wenner, The Shell Collector
- 2005, 2011: Ohioana Book Award vir About Grace en Memory Wall, onderskeidelik
- 2010: Guggenheim Fellowship
- 2011: The Story Prize, wenner, Memory Wall
- 2011: Sunday Times EFG Private Bank Short Story Award, wenner, 'The Deep'[12][13]
- 2014: Finalis vir die National Book Award for Fiction
- 2015: Pulitzerprys vir All the Light We Cannot See
Verwysings
wysig- ↑ (en) Anthony Doerr Wins Lucrative Short-story Prize
- ↑ "Anthony Doerr" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Februarie 2011. Besoek op 6 Maart 2018.
- ↑ Shephard, Alex (15 Oktober 2014). "National Book Awards shortlists announced" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2019. Besoek op 15 Oktober 2014.
- ↑ "The 10 Best Books of 2014" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Januarie 2020.
- ↑ Morland, D. Verne. "Dayton Literary Peace Prize - An International Award" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Maart 2020.
- ↑ Archived copy. URL besoek op 2015-12-02.
- ↑ "ICA" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016.
- ↑ "Anthony Doerr Is A Recognized (And Slightly Wealthier) Fellow" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2019.
- ↑ Boise’s Anthony Doerr wins the 2015 Pulitzer Prize for Fiction.
- ↑ The Shell Collector.
- ↑ Four Seasons in Rome.
- ↑ Staff writer (8 April 2011). "Anthony Doerr wins Short Story award" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Julie 2019. Besoek op 22 Januarie 2013.
- ↑ Staff writer (9 April 2011). "A heartwarming win for a heartbreaking tale" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Maart 2016. Besoek op 22 Januarie 2013.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Anthony Doerr.
- Amptelike webwerf
- Video: Die Storie Prys lees Geargiveer 18 Mei 2014 op Wayback Machine met Yiyun Li en Suzanne Rivecca. 2 maart 2011.
- Beste Verkoop Boeke deur Anthony Doerr van die Plaaslike Biblioteek