Anysberg
Die Anysberg is 'n klein inselberg van ongeveer 34 km lank, net wes van die Klein-Swartberg in die Klein-Karoo. Die Anysberg-natuurreservaat is hier geleë. Die Prinsrivierdam is aan die suidekant van die berg geleë. Flora wat op die berg aangetref word is onder andere: louriersuikerbos en die visbekvygie. Die berg is vernoem na die anysplantjie (Pimpinella anisum), wat ook hier aangetref word.
Anysberg | |
---|---|
Ligging | Klein-Karoo, Suid-Afrika |
Hoogte | 1 477 meter bo seevlak |
Lengte | 34 km |
Rigting | Noordoos |
Reeks | Kaapse Plooigordel |
Koördinate | 33°31′11″S 20°33′26″O / 33.51983°S 20.5571°O |
Bergtipe | Berg |