Aragats
Die bergpiek Aragats (Armeens: Արագած, wetenskaplike transliterasie Aragac) is op 4 090 meter die hoogste punt in die Republiek van Armenië.
Aragats | |
---|---|
Ligging | Aragatsotn, Armenië |
Hoogte | 4 090 meter bo seevlak |
Reeks | Klein Kaukasus |
Koördinate | 40°32′00″N 44°12′00″O / 40.53333°N 44.20000°O |
Bergtipe | Stratovulkaan |
Rotsouderdom | Holoseen |
Laaste uitbarsting | Onbekend |
Die berg, 'n uitgedoofde vulkaan met vier pieke wat die buitekant van die vulkaankrater vorm, is noordwes van die hoofstad, Jerewan, in die provinsie Aragatsotn geleë.
Die Aragats is die gewildste reisbestemming vir bergklimmers in die gebied en trek in die somer ook ander toeriste. Die bekende Bjoerakan-sterrewag, een van die beduidendstes van sy soort in die vroeëre Sowjetunie, is net soos die Middeleeuse fort Amberd teen sy hellings geleë. Asjtarak, die provinsiale hoofstad, is suid van die Aragats geleë.
Galery
wysig-
Die Aragats, soos gesien vanuit 'n heuwel naby Tjoetoer
-
Die vier pieke van Aragats
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Aragats.
- Amptelike webtuiste van die Bjoerakan-sterrewag Geargiveer 20 Julie 2012 op Wayback Machine