Armstrong Whitworth Whitley

Britse bomwerper

Die Armstrong Whitworth Whitley was 'n tweemotorige bomwerper wat vir Britse Lugmag diens gedoen het tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die Whitley was die oudste tweemotorige bomwerper van die Britse Lugmag toe die Tweede Wêreldoorlog uitgebreek het. Tesame met die Vickers Wellington en die Handley Page Hampden was dit die enigste tweemotorige bomwerpers waaroor die Britse Lugmag beskik het toe die oorlog op 9 September 1939 uitgebreek het. Hierdie drie bomwerpers het die Britse bomaanvalle gedra totdat die eerste viermotorige bomwerpers eers in 1941 beskikbaar geraak het.

Armstrong Whitworth Whitley
Whitley Mk V
Tipe Bomwerper
Vervaardiger Armstrong Whitworth Aircraft
Nooiensvlug 17 Maart 1936
Status Uit diens gestel
Hoofgebruiker Britse Lugmag
Aantal gebou 1814

Tegniese besonderhede

wysig
Besonderhede van die Armstrong Whitworth Whitley Mk V:
Item Statistiek
Aantal motors 2
Tipe motor Skroef
Vervaardiger Rolls-Royce Merlin X V-tipe
Kraglewering per motor 1,075 perdekrag
Vlerkspan 25,60 m
Lengte 21,49 m
Hoogte 4,57 m
Normale opstygmassa 15 196 kg
Maks. snelheid 370 km/h op 5 000 m
Operasionele hoogte 7925 m
Togafstand 3 862km
Bewapening Een 0.303 Vickers K masjiengeweer in neus en

vier 0.303 Browning masjiengewere in stertskiettoring

Bomvrag 3,175 kg