Astrud Gilberto
Astrud Gilberto (30 Maart 1940 – 5 Junie 2023)[1][2] ook bekend as Astrud Evangelina Weinert was 'n Brasiliaanse sangeres en komponis van jazz- en popmusiek in die Latyn-Amerikaans-Brasiliaanse styl, veral samba en bossa nova. Sy het in die 1960's bekendheid verwerf met haar Engelse weergawe (The Girl from Ipanema) van Antônio Carlos Jobim se treffer Garota de Ipanema. In 1963 het Astrud Gilberto, wat in Rio de Janeiro grootgeword het, haar saam met haar man João in die Verenigde State gevestig waar sy in 2023 oorlede is.[3][4]
Astrud Gilberto | |
---|---|
Astrud Gilberto in Amsterdam in 1966 | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Astrud Evangelina Weinert |
Gebore | 30 Maart 1940 Salvador da Bahia |
Oorsprong | Salvador da Bahia, Bahia, Brasilië |
Sterf | 5 Junie 2023 (op 83) |
Genres | Bossa nova, samba, Brasiliaanse jazz |
Beroep(e) | Sangeres, liedjieskryfster, skilderes |
Instrumente | Stem |
Jare aktief | 1963 – hede |
Etikette | Verve Records (1963–70) CTI Records (1971) Perception Records (1972) Audio Fidelity Records (1977) Denon Records (1982) Polygram Records (1987) Pony Canyon (1996–97) Magya Productions (2002) |
Assosiasies | João Gilberto, Antônio Carlos Jobim, Vinicius de Moraes, Stan Getz, Walter Wanderley, Stanley Turrentine, James Last Orchestra, Frank Sinatra |
Webwerf | www |
Verwysings
wysig- ↑ "Cantora Astrud Gilberto, um dos maiores nomes da Bossa Nova, morre aos 83 anos" [Singer Astrud Gilberto, one of the biggest names in Bossa Nova, dies at the age of 83]. Quem [Who] (in Portugees). Editora Globo. 6 Junie 2023.
- ↑ https://www.independent.co.uk/arts-entertainment/music/news/astrud-gilberto-death-girl-from-ipanema-b2352188.html
- ↑ astrudgilberto.com: Biography. Besoek op 22 April 2018
- ↑ www.last.fm: Astrud Gilberto - Biography. Besoek op 22 April 2018