Atjehs
Atjehs of Acehnees (Bahsa/Basa Acèh, بهسا اچيه, [bahsa at͡ʃeh]; letterlik: "taal van Atjeh") is 'n Maleis-Polinesiese taal wat in Suidoos-Asië op die eiland Sumatra van Indonesië asook deur Atjehs-emigrante in die Maleisiese deelstaat Kedah gepraat word. Die taal word tans deur sowat 3,5 miljoen mense gepraat, hoofsaaklik Atjehs of Acehnese. Dit word met die Latynse of die Arabiese alfabet geskryf. Die Arabiese alfabet is deur Arabiese handelaars na Atjeh saamgebring, terwyl tydens die bestaan van Nederlands-Indië die Latynse alfabet in algemene gebruik gekom het.
Atjehs, Acehnees Bahsa/Basa Acèh, بهسا اچيه | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [bahsa at͡ʃeh] | |
Gepraat in: | Indonesië Maleisië | |
Gebied: | Suidoos-Asië | |
Totale sprekers: | 3,5 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Austronesies Maleis-Polinesies Kern-Maleis-Polinesies Maleis-Soembawa Chamis Atjehs, Acehnees | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet (algemeen) Arabiese alfabet (Jawi) | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | ||
ISO 639-3: | ace | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Atjehs word veral in die provinsie Atjeh op die westelike deel van die eiland Sumatra, hoofsaaklik langs die noordelike en westelike kus, gepraat. Dit was eens die amptelike taal van die Sultanaat Atjeh wat groot gebiede van dié streek oorheers het.
Verwysings
wysig- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Aceh" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2019. Besoek op 31 Augustus 2018.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Atjehs.