Atlantis, Wes-Kaap
dorp in Wes-Kaap, Suid-Afrika
Atlantis is 'n dorp ongeveer 40 km buite Kaapstad. Die dorp het 67 491 inwoners in 2011 gehad.[1] Atlantis was in die apartheidsjare gestig met die doel om bruin mense uit Kaapstad te verplaas. Daar is 'n groot dieselenjinfabriek in Atlantis gebou. Vandag is 85,01% van die bevolking bruin mense, en volgens die 2011-sensus is Afrikaans die grootste taal (79,5%).
Atlantis | |
---|---|
Koördinate: 33°34′0″S 18°29′0″O / 33.56667°S 18.48333°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Metropolitaanse Munisipaliteit | Stad Kaapstad |
Oppervlak | |
• Totaal | 28,84 km2 (11,14 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 67 491 |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |