Atterbury Property Holdings
(Aangestuur vanaf Atterbury groep)
Atterbury Property Holdings (meer bekend as net Atterbury of "Atterbury Property") is 'n eiendomsmaatskappy wat in 1994 deur Louis van der Watt en Francois van Niekerk in Pretoria gestig is.[1]
Atterbury | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | 1994[1] |
Hoofkantoor | Pretoria, Suid-Afrika |
Sleutelpersone | Louis van der Watt (Groep direkteur) Pierre Tredoux (voorsitter van Atterbury en Attacq) Armond Boshoff (Hoof uitvoerende beampte) |
Gebied bedien | Afrika, Europa |
Industrie | Eiendom: Kommersieel, kleinhandel- en residensieel |
Werknemers | 100+[1] |
Dogter- maatskappye | Atterbury Europe Attacq Atterbury Trust AttAfrica |
Webwerf | atterbury.co.za |
Die maatskappy se hooffokus is op die ontwikkeling van kleinhandelsentrums en handelsgeboue, maar residensiële eiendom word ook ontwikkel. Atterbury was die medestigter van Attfund ('n ongenoteerde plaaslike winkelsentrumfonds) in 2002, maar dit is aan Hyprop verkoop in 2011. In 2005 is Attacq gestig, waarvan sy belangrikste bates sy aandeelhouding in Attfund en ander ontwikkelings is. Attacq is in 2013 op die JSE genoteer. AttAfrica is in 2012 gestig, 'n fonds wat verskeie winkelsentrums dwarsoor Afrika ontwikkel het en besit.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 "Atterbury Group" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 2 Desember 2015.