Aya Irene
Die Aya Irene of Eirene (Grieks: Ἁγία Εἰρήνη, "Heilige Vrede"; Turks: Aya İrini) is ’n eertydse Ortodokse kerk in die Eerste Binnehof van die Topkapı-paleis in Istanboel, Turkye. Dit is ’n museum, maar spesiale toestemming is nodig om dit te besigtig.
Dit is die eerste kerk wat in Konstantinopel gebou is. Die Romeinse keiser Konstantyn die Grote het die eerste Aya Irene in die 4de eeu laat bou. Dit het in 532 tydens onluste afgebrand. Keiser Justinianus I het dit in 548 laat restoureer.
In die 8ste eeu is dit erg in ’n aardbewing beskadig, en dit is daarna gerestoureer tot sy huidige vorm. Ná die verowering van Konstantinopel in 1453 deur die Ottomaanse sultan Mehmet II, is die kerk binne die mure van die Topkapi-paleis toegebou.
Vandag word die kerk hoofsaaklik gebruik vir musiekuitvoerings vanweë sy besonderse akoestiek en indrukwekkende atmosfeer.
Verwysings
wysig- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Hagia Irene
Verdere leesstof
wysig- Alexander Kazhdan (ed.), The Oxford Dictionary of Byzantium, 3 vols., Oxford University Press, 1991 (ISBN 0-19-504652-8), s. v. Irene, Church of Saint, vol. 2, 1008–1009
- Krautheimer, Richard (1984). Early Christian and Byzantine Architecture. New Haven, CT: Yale University Press. ISBN 978-0-300-05294-7.
- Fanny Davis. Palace of Topkapi in Istanbul. 1970. ASIN B000NP64Z2
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Aya Irene. |