B.B. Comer
Braxton Bragg Comer (* 7 November 1848, † 15 Augustus 1927) was 'n Amerikaanse planter, entrepreneur en Demokratiese politikus wat tussen 1907 en 1911 as 33ste goewerneur van Alabama gedien het en in 1920 as Amerikaanse senator vir dié deelstaat verkies is. Die familie, waarin hy gebore is, was indertyd een van die invloedrykstes en welvarendstes in Alabama.
Braxton Bragg Comer | |
33ste Goewerneur van Alabama
| |
Ampstermyn 14 Januarie 1907 – 17 Januarie 1911 | |
Voorafgegaan deur | William D. Jelks |
---|---|
Opgevolg deur | Emmet O'Neal |
Amerikaanse Senator vir Alabama
| |
Ampstermyn 5 Maart 1920 – 2 November 1920 | |
Voorafgegaan deur | John H. Bankhead |
Opgevolg deur | J. Thomas Heflin |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 7 November 1848 Barbour County, Alabama, VSA |
Sterf | 15 Augustus 1927 Birmingham, Alabama, VSA |
Politieke party | Demokratiese Party |
Eggenoot/-note | Eva Jane Comer, née Harris |
Kind(ers) | Sally Bailey Comer John Fletcher Comer James McDonald Comer Eva Mignon Comer Catherine Comer Braxton Bevelle Comer Eva Comer Braxton Bragg Comer, Jr. Hugh M. Comer |
Alma mater | Universiteit van Alabama Universiteit van Georgia Emory and Henry College |
As goewerneur het Comer spoorweghervorming teweeggebring en tariewe vir besighede in Alabama verlaag om hulle meer mededingend met hul eweknieë in ander deelstate te maak. Hy het publieke befondsing vir die openbare skoolstelsel verhoog en sodoende die aantal plattelandse en hoërskole in elke distrik van Alabama verhoog, net soos dié deelstaat se geletterheidsyfer.
Naas sy belange in die Comer-familie se mielies- en katoenplantasies, wat oor 30 000 akkers of 120 km² gestrek het, het hy ook belange in die mynboubedryf gehad. Die Comers het hul eie myne, die Eureka Mines, naby Birmingham bedryf. In 1897 het hy saam met die Trainer-familie $10 000 belê om tekstielmeule in Alabama te stig. Hy is as voorsitter van Avondale Mills in Birmingham benoem, 'n pos wat hy tot en met sy afsterwe in 1927 beklee het.